Onderriggeld 2022

’n Verpligte, eenmalige bedrag van R2 000 is teen 31 Januarie 2022 betaalbaar. Vanaf Februarie is tien paaiemente van R1 620 maandeliks betaalbaar. Indien u kwalifiseer vir vermindering sal u slegs verantwoordelik gehou word vir die bedrag ooreengekom.

Onderriggeld moet in `n toegeplakte koevert deur die kind aan die registeronderwyser gegee word.

Skryf asseblief op die koevert u kind se naam en van, sy registerklas, die bedrag in die koevert en of dit bus- of skoolgeld is.

BUSVERVOER

Despatch: R400 x 10 paaiemente (Januarie tot Oktober). Hierdie vervoer sluit in die oplaai en aflaai van leerlinge op Despatch voor en na skool en smiddae om 17:30 vir die leerlinge wat sportoefeninge bywoon.

Algemene Busvervoer is die vervoer van spanne vir wegwedstryde en ander aktiwiteite. Vir bestemmings nader as 50km aan die skool is die betaling R20 per leerling per rit. Port Elizabeth toe en terug, kos dus slegs R20 per leerling. Vir vervoer na bestemmings wat meer as 50km van die skool af is, is die koste R50 per leerling per rit (soontoe en terug).
Leerlinge wat gereeld van algemene busvervoer gebruik maak, kan teen R100 ‘n seisoenkaartjie bekom wat die leerling dan toegang tot alle algemene busvervoer vir die jaar gee.

KOSHUISGELD
Inwoon: R3 135 per maand (Januarie tot Oktober)
Dagopsie: R1 000 per maand (Januarie tot Oktober)

Ons streef daarna om die skool ’n kontantvrye sone te maak en sal dit waardeer as u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik maak.

Skool- en/of busgeld: Koshuisgeld:
NEDBANK UITENHAGE NEDBANK UITENHAGE
TAKKODE 126-317 TAKKODE 126-317
REK. NR. 126 3055 303 REK. NR. 126 3055 281

Faks of e-pos bewys van betaling t.o.v. skoolfonds en busvervoer na: 041 922 7354 of finansies@brandwag.co.za.

Stuur bewys van betaling t.o.v. koshuisgeld na ontvangs@brandwag.co.za.

Verwysing: Kind se volle naam en van.

Scroll to Top