Reünie 2018

Die 2018 Oudskoliere Reünienaweek is van Vr. 3 Aug. tot So. 5 Aug.

 

Die onderstaande is die voorlopige reëlings rakende die 2018-reünienaweek.

 

Die Saterdag se hoofbyeenkoms val saam met Brandwag se rugby-, hokkie- en netbalkragmeting teen Hoërskool Nico Malan.

Gedurende die dag sal daar stalletjies wees met ‘n verskeidenheid van eet- en drinkgoed. 
Vir Saterdagaand se hoofbyeenkoms word ’n steakbraai beplan. Kaartjies vir die steakbraai kos R100 per persoon. Kontak Marina by 083 379 9965 om kaartjies te koop. 
Soos gewoonlik is ’n kontantkroeg beskikbaar. Besoekers mag geen drank inbring nie.

Die naweek sal afsluit met ‘n kerkdiens om 9:00 by die NG Noord-gemeente.

Let wel:

  • Ondervinding het ons geleer dat jaargroepe verkies om op die Vrydagaand hul eie byeenkomste te reël. As gevolg hiervan word die Vrydagaand dikwels oopgelaat vir jaargroepe se eie byeenkomste.

 

Reünies: Wat jy moet weet

  • Die jaarlikse reünie word deur die skool gereël en maak voorsiening vir alle jaargroepe. Daar’s oorgenoeg plek vir almal om saam met hul eie groepe te kuier, maar ook as ‘n geheel te sosialiseer.
  • Die skool kan ongelukkig nie aparte reünies vir spesifieke jaargroepe reël nie.  
  • Brandwag probeer reünies bekostigbaar maak om by te woon.  
  • Die skool het ongelukkig nie naamlyste of kontakbesonderhede vir oudskoliere nie. 
  • Indien u ‘n jaargroep verteenwoordig en reëlings omtrent u byeenkoms op die skool se webwerf wil plaas, stuur gerus vir ons ‘n e-pos.
  • Besoek gerus ons Facebook-blad by www.facebook.com/Brandwag.co.za
  • Brandwag gebruik tans ‘n nuwe app. Kyk vir AWSUM in die playstore en kies Die Brandwag Hoërskool. 

 

Jaargroepe wat in 2018 byeenkom

  • 10 Jaar: Byeenkoms op Vrydag, 3 Augustus by die Barklystraat Teater. Kontak Bianca Koekemoer by 083 645 0658.
  • 20 Jaar: Byeenkoms op Vrydag, 3 Augustus by die gholfklub. Kontak Marelize Cilliers by 083 346 9987.
  • 30 Jaar: Byeenkoms op Vrydag, 3 Augustus by VJ’s Restaurant (Graaff Reinetweg 32) vanaf 18:00 tot laat. Kontak Maria Francis (de Klerk) by 082 8216222.
  • 35 Jaar: Vrydag, 3 Augustus vanaf 19:00 by Lekosti Coctail Bar. Kontak Johan Cronje 0828915163.
  • 40 Jaar: Byeenkoms op Vrydag, 3 Augustus by die Deon Goosen-Lapa (by Brandwag). Kontak André Myburgh by 084 283 5730.
  • 50 Jaar: Kom byeen Vrydag ,10 Augustus en Saterdag, 11 Augustus (albei aande) by Mentorskraal. Kontak Christo van Loggenberg (slegs) telefonies op 072 355 8641.
  • 55 Jaar: Byeenkoms op Saterdag, 4 Augustus in die skoolsaal. Kontak Thys Smith by 083 661 8363 of  e-pos thyssmi@gmail.com.

 

of Marius Kolesky by 083 677 1806 of kolespana@gmail.com

Leave a Reply

Scroll to Top