Classic Clash Rugby

  • Die Classic Clash rugbystryd tussen Brandwag en buurskool Daniel Pienaar is een van die groot hoogtepunte van die skooljaar.
  • Die Classic Clash is gewoonlik vroeg in Mei in die tweede kwartaal.
  • Op die dag sê verskeie Brandwag- en DP-rugbyspanne mekaar die stryd aan, maar die eintlike groot stryd is tussen die twee skole se eerste spanne.
  • Albei skole se dirigente en ondersteuners daag in groot getalle op vir die stryd wat om die beurt tuis en weg plaasvind.
  • Derduisende toeskouers, waaronder ouers, oudskoliere, belangstellendes en die media woon gewoonlik die Classic Clash by.
  • Wanneer moontlik gee Supersport ook TV-dekking aan die wedstryd.
  • Brandwag was van 2008 tot 2011 aan die wenkant, maar die kragmeting met DP is altyd ´n taai wedstryd.

Leave a Reply

Scroll to Top