Hokkie

  • Brandwag beskik oor verskeie bekwame hokkieafrigters met baie jare se ondervinding waarvan sommige oudprovinsiale spelers is.
  • Alhoewel leerders uit Afrikaanse laerskole meestal by Brandwag vir die eerste keer begin hokkie speel, ding Brandwag kompeterend in die eerste liga mee teen die mees gerekende hokkieteenstand in en buite die Uitenhage- en Port Elizabeth-omgewing.
  • Verskeie Brandwagters neem jaarliks aan OP proewe deel en Brandwag lewer gereeld OP spelers.
  • Die o.16A-span neem jaarliks in Maart aan Riebeek College se o.16-toernooi deel.
  • Die o.16A- en eerste spanne woon jaarliks tydens die April-vakansie ´n hokkiekliniek by Hoërskool D. F. Malan in Kaapstad by.
  • Brandwag bied aan hokkiespelers die geleentheid om kwalifikasies in hokkieskeidsregting te voltooi en talle leerders gebruik die geleentheid.
  • Brandwag speel jaarliks teen onder meer Riebeek, Nico Malan, Framesby, D. F. Malherbe, Victoria Girls, Victoria Park, St. Domenic´s, Collegiate, Oudtshoorn en Pearson.

Leave a Reply

Scroll to Top