Skip to content
- Rugby is nie net ´n sport by Brandwag nie maar ´n trotse tradisie.
- Brandwag se rugbyspelers geniet die ondersteuning van die hele skool wat hul tuis of weg luidkeels aanmoedig.
- Alhoewel tradisioneel ongeveer slegs ´n derde van Brandwag se meer as 900 leerders seuns is, is Brandwag ´n gerekende rugbykrag.
- Die ontwikkeling en ontgunning van talent is belangrike prioriteite.
- Brandwag se rugbyafrigters is ervare en hoogs gekwalifiseerd.
- Die eerste span speel jaarliks by verskeie toernooie en rugbyfeeste.
- Wedstryde word jaarliks gespeel teen skole soos Nico Malan, Framesby, Muir, Despatch, Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium en Daniel Pienaar.
- Brandwag se eerste span word gereeld gereken onder die top 20 skolerugbyspanne in die land.
- Brandwag lewer jaarliks spelers wat in Cravenweek- en ander OP spanne opgeneem word.
- Die Springbokke Johan van der Merwe, Polla Fourie en Calla Fourie is almal oudbrandwagters.
- Brandwag is ook bekend vir provinsiale spelers soos Wayne van Heerden, Wylie Human en Sean Plaatjies.