Swemgala

frank_swem

  • Brandwag hou jaarliks ‘n interlaerswemgala wat ‘n groot hoogtepunt op die sportkalender is.
  • Die swemgala word vroeg in die eerste kwartaal in die aand by die Uitenhage dorpswembad gehou.
  • Die drie interlaerspanne, De Wet, Kruger en Retief, ding by die gala mee in vryslag, borsslag, rugslag, vlinderslag en aflos.
  • Deelname om punte vir die laer in te samel, is die belangrikste deel van die gala.
  • Aan die einde van die gala word ‘n koshuis teen dorp hindernisitem gehou wat baie gewild is.
  • Tydens die hindernis swem koshuis- en dorpspanne die breedte van die swembad in rugbytruie wat hulle aan die ander kant moet uittrek en vir die volgende spanlid aantrek voordat hy/sy na die ander kant kan swem om die proses te herhaal.
  • Na afloop van die gala word die laer wat gewen het aangekondig. Die drie beste seuns en meisies senior en junior swemmers word ook aangewys.

Leave a Reply

Scroll to Top