- Sêma´so is die naam van Brandwag se skoolkoerant.
- Sêma´so is ´n 16-blaai A4-publikasie wat aan die einde van kwartale 1, 2 en 3 uitkom.
- In die vierde kwartaal verskyn die Sêma´so Matriekblad op die matrieks se laaste skooldag.
- Altesaam tien volkleur advertensies verskyn op die buiteomslag van elk van die vier publikasies.
- Kliek hier om meer uit te vind oor hoe om in Sêma´so te adverteer.
- Elke leerder, onderwyser, personeellid en adverteerder kry ´n gratis eksemplaar van Sêma´so.
- Brandwag se skoolkoerant is ´n publikasie deur Brandwagters vir Brandwagters en dek nuus, sport en aktuele sake wat vir tieners van belang is.
- Die redaksie en hulpredaksie is verantwoordelik vir alle aspekte van Sêma´so met hulp en oorhoofse kontrole deur die skakelonderwyser.
- Die redaksie en hulpredaksie word volgens ´n streng keuringsproses aangestel aangesien daar jaarliks wye belangstelling in dié posisies is.
- Alle redaksie en hulpredaksielede ontvang opleiding aan die begin van die skooljaar.
|
|