Brandwag het die 2015 rugby seisoen op ’n hoë noot afgeskop met 2 agtereenvolgende oorwinnings.
Brandwag het Solomon Mahlangu 66-3 op 18 Maart gewen voor ’n taai stryd op 21 Maart teen St. Andrew’s.
Die tuisspan het St. Andrew’s 25-20 en met 4 drieë teenoor 3 geklop.
Vir Brandwag het kaptein Stefan Jansen van Vuuren, skrumskakel Brandon O’Neill, linkervleuel Davian Swanepoel en senter Henco Pieterse drieë gedruk.
Die stelskopwerk is tussen heelagter Christian Berry en losskakel Malan Olivier verdeel. Sterk wind het skopwerk vir albei spanne bemoeilik, maar eindelik het Olivier wel het met ‘n verdoelskop geslaag.