Brandwag wen DP weer

 

Brandwag het Daniel Pienaar vir die 4de agtereenvolgende keer in die jaarlikse FNB Classic Clash verslaan. Uit altesaam 11 Classic Clashes tussen dié twee skole het Brandwag nou 8 gewen. Kaptein Braam Weyers en sy span het DP deurentyd op die agtervoet gehou. Albei spanne het puik verdedig, maar Brandwag kon twee keer die doellyn oorsteek terwyl DP met strafskoppe probeer byhou het. Le Klue Stokes en Dean Jordan het Brandwag  se twee drieë gedruk. Kieran Donley het een strafskop en die tweede verdoelskop aangeteken. Richman Goro het die eerste drie verdoel. Vir DP het Dylan le Roux met vier strafskoppe geslaag. Die eindtelling was 17-12 na ‘n deurlopend spannende wedstryd, waarin Brandwag tog heeltyd die oorhand gehad het.

Brandwag se senter Henco Pieterse is as man van die wedstryd aangewys nadat hy die DP verdedigers heel middag in die middelveld laat les opsê het. Pieterse het telkens verskeie verdedigers afgeskud voordat hy neergetrek kon word.

 

Scroll to Top