Demi is 2020 Dux-leerder

Die Hoërskool Brandwag het vanjaar die skool se Dux-leerling op ’n heel ander manier aangekondig. Slegs die matrieks het in November ’n opelug-prysuitdeling teen skemer in die vierkant bygewoon. Tydens die aand is die graad 12- akademie top 10, die matrieks wat erekleure verwerf het en die toppresteerder aangewys. Daarna het die matrieks die geleentheid gekry om die skool via ’n erewag van ouers en onderwysers te verlaat — dié gebaar het vanjaar die gebruiklike laaste skooldag se afskeid vervang. Demi Jonck is as Brandwag se Dux-leerling aangewys. Sy het tydens die rekordeksamen ’n gemiddeld van 92% behaal. Demi was ook die 2020-onderhoofmeisie. Sy beplan om volgende jaar B. Com rekeningkunde by die Nelson Mandela Universiteit te studeer. 

Op die foto is Demi Jonck met die Christo van Rensburg-beker wat jaarliks aan Brandwag se Dux-leerling oorhandig word. 

Scroll to Top