SWEM

As gevolg van die droogte kon die tradisionele interlaerswemgala nog tot dusver in 2011 nie gehou word nie.

 

Verslag 2010

 

Soos gebruiklik het Brandwag die jaarlikse swemgala op 10 Februarie 2010 by die dorp se swembad gehou.  Dit is slegs `n interlaer-kompetisie en die leerders kompeteer steeds op `n gesonde vlak.  Die geleentheid  bevorder die reeds goeie gees onder die Brandwagters.  Die De Wet-laer het vanjaar geseëvier en in die dorp-koshuis item het die dorpspan gewen. 

 

Tydens die byeenkoms het Frank Greeff weereens `n uitsonderlike (en gebruiklike) vier rekords verbeter.  Frank is die enigste leerder wat dit kon regkry om vanaf gr. 8 tot matriek, elke jaar rekords in elke item te verbeter.  Frank, die De Wet-span gaan jou beslis volgende jaar mis!

 

Al bied Brandwag nie swem as skoolsport aan nie, is daar gereeld `n Brandwagter wat provinsiale kleure in swem verwerf.  Frank Greeff het weereens op provinsiale sowel as nasionale vlak presteer.

;;   

Fina Wêreldbeker Kortbad-kompetisie in Durban 16-17 Oktober 2009:

  • Behaal finaal in 400m vryslag;   – eindig 7de
  • 200m Vryslag;;;; ;  ;  – eindig 10de
  • 200m Wisselslag;;;;;    – eindig 10de

 

;;    OP-rekords in 2010:

  • 50m Vlinderslag
  • 100m Vlinderslag
  • 200m Vlinderslag
  • 200m IM
  • 100m Vryslag
  • 200m Vryslag
  • 400m Vryslag
  • 800m Vryslag

 

Die rekord in die 200m vlinderslag en 200m, 400m en 800m vryslag is ook OP ope-rekords.

 

OP Kampioenskap:

  • Ses goue en twee silwer medaljes.
  • Vyf OP rekords, waarvan een ope rekord (200m vlinderslag).
  • Vir die afgelope twee jaar ontvang hy die toekenning as die senior Victor Ludorum asook die prys vir die top OP-swemmer in die 200, 400 en 800m vryslag en die 200m vlinder- en wisselslag. 
  • Hy word ingesluit in die OP-akademie vir swemmers (Uitverkose groep van ses swemmers vir wie die OP, Olimpiese aspirasies het).

 

SA Junior kampioenskap

  • 400m Vryslag – Silwer medalje
  • 50m Vryslag – Brons medalje
  • 100m Vryslag – Brons medalje
  • 200m Vryslag – Brons medalje
  • 200 Vlinderslag – 4de
  • 100m Vlinderslag – 6de

 

SA Senior kampioenskap

  • 200m Vlinderslag – 8ste
  • 100m Vlinderslag – 10de (OP rekord vir 17-jariges)
  • 200m Vryslag – 15de
  • 100m Vryslag – 16de

 

Oop Water Swem

Frank eindig tweede in die Redhouse riviermyl na die SA kampioen

Chad Ho, en eerste van die OP swemmers.  In die Ocean Series reeks wen hy al agt bene van die kompetisie waaraan hy deelneem en eindig algeheel eerste in die 3km afdeling.

 

SA Kortbad Kampioenskap

  • 200m Vlinderslag – Goud (SA Kampioen)
  • 100m Vlinderslag – 5de
  • 200m Vryslag – 6de
  • 100m Vryslag – 8ste
  • 200m Wisselslag – Lê 4de in finaal, maar moes onttrek aangesien die item direk voor 200m Vlinderslag geswem is.

 

SA Verteenwoordiging

Frank is gekies vir die SA-Junior Olimpiese oefengroep met die oog op die kies van `n SA span wat in Augustus 2010 aan die eerste Jeug Olimpiese spele in Singapoer sou deelneem.  Daar is 14 swemmers in die groep en slegs vier het uiteindelik die span gehaal.  Frank is ingesluit in die onder 20 SA span wat in Desember 2010 aan die Afrika Kampioenskap in Swaziland sal deelneem, asook die SA Jeug oefengroep (swemmers wat dopgehou word met die oog op die 2012 Olimpiese spele).

 

Frank het so in die stilligheid deur die afgelope paar jaar so pragtig presteer en daardeur ook aan Brandwag groot eer besorg.  Baie dankie en baie geluk met jou voorgesette ywer en prestasies.  Brandwag ondersteun jou Olimpiese Spele droom en ons glo jy sal die ideaal verwesenlik.  Ons wens jou alle voorspoed en sukses toe!

 

Q. GOOSEN

 

 

 

 

 

Verslag 2009

 

Soos gebruik het Brandwag die jaarlikse swemgala op 13 Februarie 2009 by die dorp se swembad gehou.  Dit is slegs `n interlaer kompetisie en die leerlinge kompeteer steeds op `n gesonde vlak.  Die geleentheid  bevorder die reeds goeie gees onder die Brandwagters.  Die De Wet laer het vanjaar geseëvier en in die dorp-koshuis item het die dorpspanne gewen.  Tydens die byeenkoms het Frank Greeff `n uitsonderlike vyf rekords verbeter.

 

Al bied Brandwag nie swem as skoolsport aan nie, is daar gereeld `n Brandwagter wat provinsiale kleure in swem verwerf.  Frank Greeff het weereens op provinsiale sowel as nasionale vlak presteer:

  • SA Skole Kampioenskappe – Onder 19 ouderdomsgroep (5-7 Maart; Durban)
1. 100m Vryslag: Goud (SA skole rekord o/19)
2. 400m Vryslag: Goud
3. 200m Vryslag: Silver
4. 400m Wisselslag: Brons

 

  • SA Junior Kampioenskap (13 – 17 Maart; Sasolburg)
1. 100m Vryslag: Goud
2. 200m Vryslag: Goud
3. 400m Vryslag: Goud
4. 50m Vryslag: Silwer
5. 200m Wisselslag: Brons
6. 100m Vlinderslag: Brons  (OP-Rekord vir 16 jariges)

 

;  

  • SA Senior Nationale Kampioenskap
  1. Neem deel aan sewe items en eindig in top 10 vir vyf items
  2. Behaal finaal in 200m vryslag
  3. OP-ope rekords in 200m vryslag en flinderslag

 

Hy verbeter OP rekords in die volgende items in die 16 jarige ouderdomsgroep:

  1. 100m Vryslag (2 maal) – ook SA skole rekord onder 19
  2. 200m Vryslag (2 maal)
  3. 400m Vryslag
  4. 800m Vryslag
  5. 200m Vlinderslag (2 maal)
  6. 100m Vlinderslag (3 maal)

 

Sy tye in die 100, 200 en 400m vryslag is ook die vinnigste op papier vir 16 jariges in SA die afgelope seisoen.

 

In die oop water kompetisie eindig Frank 3de algeheel in die Redhouse Riviermyl en eerste uit die Oos-Kaap deelnemers. Hy eindig ook tweede in die Ocean Series reeks ten spyte daarvan dat hy vier van die byeenkomste misgeloop het weens ander verpligtinge. (Uit die ag byeenkomste waaraan hy deelneem, wen hy 6 en eindig twee maal 2de).

 

By die OP-Swem prysuitdeling ontvang hy toekennings as die top OP swemmer in die 400m en 800m vryslag, 400m wisselslag asook die 200m vlinderslag. Hy word ook aangewys as Senior Victor Ludorum swemmer vir die jaar.

 

Frank word ook opgeneem in die OP Akademie vir Sport. Een van slegs ses swemmers wie die eer te beurt val.

 

Op 7 en 8 Augustus 2009 neem hy  in Pietermaritzburg aan die SA Kortbad Kampioenskap deel. Hy beleef `n baie suksesvolle tyd  en presteer as volg:

 

200m Wisselslag 4de
200m Vryslag 5de
50m Vryslag 6de
100m Vryslag 8ste
100m Wisselslag 10de

 

Hy kwalifiseer ook met sy tyd in die 200m wisselslag om van 17 – 18 Oktober in Durban aan die kortbad wêreldkampioenskap deel te neem.

 

 

Q. GOOSEN

Scroll to Top