Androcles stel sy saak

’n Graad 12-leerling van Brandwag, Androcles Adams, het onlangs aan die South African Literacy Association (SALA) Public Speaking kompetisie deelgeneem en baie goed gevaar.
Vir die uitdunne, stuur die spreker ’n video in en repliek word dan gelewer. Die deelnemer kan oor enige onderwerp praat. Androcles se toespraak het gehandel oor die uitdagings en ingesteldheid van jongmense in ’n gemeenskap wat reeds gebuk gaan onder moeilike lewensomstandighede.
Hy het 94% vir sy toespraak gekry.
Met dié hoë persentasie het Androcles deurgedring na die semifinaal wat op 24 Augustus, ook via video-opnames, plaasvind.
Androcles het uit eie inisiatief die kompetisies opgespoor en deelgeneem. Sy passie is om mense bewus te maak van die uitdagings wat jongmense op die platteland in die gesig staar.

Scroll to Top