Graad 9-leerlinge van 14 skole in die Nelson Mandela-metro het onlangs by Laerskool Tjaart van der Walt deelgeneem aan ’n kaartwerk-vasvra wat die departement van onderwys aangebied het. Die kompetisie het ten doel om leerlinge se belangstelling in geografie en kaartwerk aan te moedig. Esihle Mduthuma van Hoërskool Westering het die eerste plek behaal met ’n punt van 45 uit 50. Kort op haar hakke was Anika Ferreira van Brandwag met 43 uit 50. Bilqees Vawda (33/50) van Riebeek College en Ongeziwe Buyeye (33/50) van Lawson Brown High School was gesamentlik derde.