Ons atlete het hul merk gelaat by die Distrik Atletiekbyeenkoms met 45 eerste plekke, 38 tweede plekke, en 14 derde plekke! Hierdie prestasies is ’n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en trots in Die Band van Grys en Groen.
Nou gaan 62 atlete voort na die Metro Atletiekbyeenkoms waar hulle in 110 items sal deelneem. Ons is trots op elkeen van julle en wens julle alle sterkte toe! Hou Brandwag se naam hoog!”