Brandwag het die 2015 tuis-rugbyseisoen onoorwonne afgesluit met ’n maklike 64-12 oorwinning oor Hoërskool Oudtshoorn.
Brandwag het tien drieë gedruk en Oudtshoorn twee.
Dié wedstryd was ook die semifinaal in Die Burger se rugbykompetisie vir mediumgrootte skole wat beteken Brandwag sal aan die einde van Augustus in dié kompetisie se finaal meeding.
Brandwag is ook nou vir die afgelope 14 wedstryde, sedert Mei 2014, tuis onoorwonne.
Beide die span se kaptein Stefan Janse van Vuuren en onderkaptein, Brandon O’Neill, het op die dag hul vyftigste wedstryd vir die eerste span gespeel.