O.16 Netbal in Nasionale Uitklop

Brandwag se o.16A netbalspan het einde Julie die Oostelike Provinsie in Boksburg by die Nasionale Uitkloptoernooi verteenwoordig nadat hulle met alle ander opposisie in die provinsie klaargespeel het.

In Boksburg het Brandwag altesaam sewe wedstryde gespeel en ’n algehele 14de plek uit 21 deelnemende spanne behaal.

Brandwag het teen skole soos Noord-Kaap en Affies te staan gekom. Die hoogtepunt van die o.16’s se deelname was hul oorwinnings oor Paarl Gimnasium (23-12) en Hoërskool Frikkie Meyer (23-12).

????????????????????????????????????

Scroll to Top