Geavan en Christian wen saam die myl

Vir die eerste keer moes twee seuns die eerste plek deel in Hoërskool Brandwag se jaarlikse Brandwagmyl.

Dié wedloop is ’n roete van 2.2km om die skoolterrein en word elke jaar op 14 April gehou om die skool se stigtingsdag te herdenk.

Christian Berry en Geavan Ruiters het heeltyd in mekaar se nekke geblaas en eindelik saam oor die wenstreep gehardloop.

Garren Erasmus was tweede. Amber Rayners het, soos verlede jaar, die meisies se wedloop gewen. Nerisha Greeff was tweede en Patricia Smith derde.

????????????????????????????????????

Scroll to Top