Caryn-Ann Howard, een van Brandwag se beste atlete, beleef sovêr ’n uitstekende seisoen.
By die skool se interlaerbyeenkoms het sy die hoogspringrekord van 1,55m na 1,59m verbeter. Die vorige rekord is gehou deur A. Ferreira en het sedert 1991 gestaan.
By die opeenvolgende distriksbyeenkoms het Caryn-Ann ook die distrik se hoogspringrekord laat spat. Op die dag het sy ’n hoogte van 1,61 aangeteken om die vorige rekord te verbeter.