Shevaan het die meeste lopies

By Brandwag het die eerste span se kolf-rekord vir 35 jaar ongestoord bly staan voordat ’n 2012-matriekleerder dit kon ewenaar. Nou het Shevaan Hendriks kolf en bal bymekaargesit vir ’n splinternuwe rekord.

Oudbrandwagter en onderwyser Francois Anker het in 1978 die vorige rekord van 137 weg teen Muir College aangeteken. In 2012 het Wian Duvenhage tuis teen Hoërskool Punt daarin geslaag om dié rekord te ewenaar.

Hendriks het onlangs 174 lopies teen Gamble Street aangeteken voordat hy uitgevang is. Brandwag het in dié wedstryd eerste gekolf, 419 aangeteken en binne 36 lopies van hul opponente ontslae geraak. Hendriks het ook met die bal uitgeblink en 2 vir 3 geneem in 2 beurte.

????????????????????????????????????

Scroll to Top