Brandwag se eerste krieketspan het ’n derde agtereenvolgende tuisoorwinning opgestapel toe hulle Framesby met een paaltjie geklop het.
Framesby het eerste gekolf en was almal uit vir 167 na 45 beurte. John Olivier was Framesby se beste kolwer met 47 lopies. Ruan de Ridder het 24 aangeteken.
Vir Brandwag het Lyle Matola (3 vir 11 in 8 beurte) en De Wet Alberts (2 vir 38 in 9 beurte) met die bal uitgeblink.
Op die kolfblad het Brandwag 170 vir 8 na 43 beurte ingesamel. Daniel Smith (52) was die beste kolwer vir die tuisspan. Handré Viljoen (42) en Dano Swart (23) was ook handig met die kolf. Henrico Green (15) het die wenlopies geslaan.
Framesby se beste bouler was JP Snyman met 3 paaltjie vir 32 in 9 beurte.
Intussen het Brandwag ook vir Victoria Park met 51 lopies weg van die huis af verslaan.