Lizandré Mulder is aangewys as Brandwag se Senior Sportvrou van die Jaar. Sy is gekies vir die OP-Landloopspan en vir die Oos-Kaapspan wat aan die SA Kampioenskap deelgeneem het. As lid van die Oos-Kaap atletiekspan het sy aan die SA Hoërskole Kampioenskap en aan die SA Junior Kampioenskap deelgeneem in die item 3000 meter hindernis vir meisies o.19.
Die Fritz Kreuse-Trofee vir die Senior Sportvrou van die Jaar is by die prysuitdeling aan haar oorhandig.