Brandwag se Senior Sportman van die Jaar-toekenning is gedeel deur André Conradie en Jandré Lessing. André is ’n lid van die eerste spanne in gholf, krieket en skaak. Hy het deelgeneem aan die finale o.18 OP-krieketproewe en is gekies as kaptein van die uitnodigingspan wat in Sri-Lanka deelgeneem het. Hy het ook die OP verteenwoordig vir die o.20 Nelson Mandelabaai Jeug Skaakkommissie wat aan die SA Jeug Skaakkampioenskap in Kaapstad deelgeneem het.
Jandré is ’n lid van die eerste spanne in gholf, krieket en tennis. Hy is ook gekies as die kaptein van die OP o.17 en OP o.19 tennisspanne en is gekies vir die SA o.17 tennisspan. Jandré het vanjaar sy 100ste wedstryd vir die eerste tennisspan gespeel waarvan hy 99 gewen het.
Die Anker & Cronje-Trofee vir die Senior Sportmanne van die Jaar is by die prysuitdeling aan hulle oorhandig.