’n Leerling, Mirali Hoekstra, het onlangs die graad 8-afdeling van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen, gewen. Mirali se opstel, “My genesing” kan gelees word by https://www.litnet.co.za/hier-is-die-wenners-van-litnet-se-skole-skryfkompetisie-met-fanie-viljoen/. Sy het ook vroeër vanjaar die Associated Board of the Royal Schools of Music se graad 6-eksamen in klavier met lof geslaag. Sy het 132 uit 150 punte behaal.