Mnr. & Mej. Brandwag aangewys

 

Hoërskool Brandwag het onlangs die skool se skoonstes tydens ’n gala-aand aangewys. Dit was ’n warm aand in die skoolsaal, maar die deelnemers het in hulle asemrowende uitrustings en goed-geoefende passies die gehoor genoeg betower om van die temperatuur te vergeet. Aanbieders Martelize Kruger en Janlo Ferreira het die aand seepglad laat verloop. Monique Marais, wat reeds vir haarself op LuisterFM naam gemaak het, het ’n sangitem gelewer en later het Michael Black en Morné MacDonald hulle slag gewys het met onderskeidelik die kitaar en konsertina.  

Aan die einde van die aand is Cayla Colling and Daniël Lötter as Mej. en Mnr. Brandwag aangewys. Die eerste prins en prinses was Sebastian Janse van Rensburg en Chanri Strydom. Karla Venter en André Slabbert was die tweede prinses en prins. Robyn Thorne het die titel van Mej. Brandwag Junior verower, met Anike Ferreira as junior eerste prinses en Megan Gouws junior tweede prinses.  

André Slabbert en Chanri Strydom is as mnr. en mej. Persoonlikheid aangewys.

Cayla en Daniël
Scroll to Top