Omsendbrief 27 Junie 2014

 

27 Junie 2014

 

Aan die einde van nog ’n geseënde kwartaal wil ek u as ouers, die beheerliggaam, ondersteuners-klub en onderwysers bedank vir u ondersteuning, harde werk en lojaliteit teenoor Brandwag.  Bestudeer asseblief u kind se rapport sorgvuldig en neem kennis van die oueraand op Dinsdag, 29 Julie 2014 tussen 18:00 – 20:00.

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat onderskeidelik vir die Oostelike Provinsie gekies is:

Robyn Titus, Mikyla McLeod, Yolandé Willemse, Marelize Lessing, Jana Vermaak, Mothira Mohammad, Zoë Marais (almal netbal);  Erich de Jager, Kaden Prince, Stefan Janse van Vuuren, Morney Moos, Malan Olivier en Hermann Geissler (almal rugby).  Baie geluk ook aan Rochelle de Beer met haar 4de plek by die Kragoptel Wêreldkampioenskappe te Potchefstroom.  Ons is trots op haar.

Brandwag se personeel en leerders is weer gedurende die vakansie by ‘n verskeidenheid aktiwiteite betrokke.

 

RUGBY:  o/16 Grant Khomo toernooi in Pretoria (7 – 12 Julie 2014) en o/18 Cravenweek in Middelburg (14 -19 Julie 2014).

NETBAL: o/15, o/16 Nasionale toernooi in Margate (vanaf 30 Junie 2014) en o/17, o/18

SKAAK: o/18 Skaakspan verteenwoordig as streekwenners NelsonMandela Baai op 5 Julie 2014 by die Oos

Kaapse  Kampioenskap in Oos-Londen.

LANDLOOP: 7 – 10 Julie 2014 na Knysna.  Die hoogtepunt is die prestige Solomon Featherbed Trail Run waarin atlete soos Lisa Horn en Clinton Koeries jaarliks onder die Top 3 eindig.

Ons wil ‘n dringende beroep op alle ouers doen om asseblief u onderriggeld getrou en stiptelik te betaal.  Die skool kan nie funksioneer as alle ouers nie hul verpligting ten opsigte van skoolgeld nakom nie.  Baie dankie aan die ouers wat getrou hul onderriggeld betaal.  U sterk ons hande ongelooflik baie met die uitvoering van ons taak.

U as ouers moet asseblief ook toesien dat u kind(ers) getrou skool bywoon.  Afsprake gedurende skoolure moet tot die minimum beperk word.

Ons wil ook ‘n beroep doen op ons ouers om vroegtydig met die skool  te skakel indien u u kind deur die loop van die dag moet kom haal.  Ons wil nie leerlinge gedurende periodes roep nie.  Baie dankie vir u samewerking ook in dié verband.

Geniet die vakansie saam met u kinders, want hulle bly maar u as ouers se kosbaarste besitting uit die hand van Bo.

 

Vriendelike Brandwaggroete!

 

T. KOEKEMOER

SKOOLHOOF                                                              

Scroll to Top