Oudskolier behaal LL.M. met lof

Oudskolier Lelanie Basson het in 2014 haar LL.M. graad met lof ontvang. Lelanie was in 2008 in matriek en was onder meer onderhoofmeisie en redakteur van die skoolkoerant. Sy het na skool haar studies in die Regte aan die Universiteit van die Vrystaat begin en in 2013 haar LL.B. graad behaal voordat sy haar meestersgraad in die Regte aangepak en met lof geslaag het.

Lelanie Basson Julie 2014 sw

Scroll to Top