Oudskoliere Sport- en Reünienaweek 2014

 

Brandwag se jaarlikse sport- en reünienaweek vind weer vanjaar plaas van 29 tot 31 Augustus.

Die hoogtepunt van vanjaar se verrigtinge is Vrydagaand se dans en viergang maaltyd voorgesit deur Jay Oelofse van die TV- kosmaakprogram Kokkedoor in die skoolsaal.

Die Stigtingsdagbyeenkoms is Vrydag om 11:00 in die sportsentrum. Oudskoliere speel teen skoliere krieket vanaf 14:00.

Die Oudskolierebond se algemene jaarvergadering is Saterdag 30 Augustus om 12:00 in die Aalwyntjie op die hoofrugbyveld en rugby, hokkie en netbal volg om 13:00. Saterdagaand is daar ’n braai. Braaipakke sal beskikbaar wees. Die verrigtinge sluit Sondag af met die oggenddiens by Noord-gemeente om 9:00 gevolg deur tee en koffie in die skool se restaurant.

Die koste vir die dans en ete is R180 per persoon. Kontak Carmen vir kaartjiebesprekings by 041 9228188 of ontvangs@brandwag.co.za.

Lees hier meer oor die program vir die naweek.

photo

Scroll to Top