Reëlings vir die 2015 Oudskoliere Reünienaweek van 31 Julie tot 2 Augustus 2015 is soos volg:
- Vrydag 9:00: Stigtingsdagbyeenkoms in die binnenshuise sportsentrum.
- Tee/koffie net na die Stigtingsdagbyeenkoms by die skool se restaurant (in die skoolgebou).
- Saterdag 8:00: Brandwag teen Oudtshoorn – netbal, hokkie en rugby.
- Die Eerste rugbyspan speel ongeveer 12:00.
- Die steak-aand volg net na die rugby tot laat.
- Spesifieke kuierareas is beskikbaar vir verskillende groot reüniegroepe, byvoorbeeld 20- en 30-jaargroepe.
- Vure brand vanaf 14:00.
- Sondag 9:00: Kerkdiens by NG-Noord.
- Tee na afloop van die kerkdiens by Noord-gemeente.
Die eerste rugbyspan het tans 13 agtereenvolgende tuis oorwinnings en sal teen Oudtshoorn uitdraf met die hoop om dit 14 te maak.
Ook by die netbal en hokkie word spannende wedstryde verwag.
- Kaartjies vir die steakbraai kos R80.
- Om kaartjies te koop, betaal jou geld in die Ouskoliere se rekening.
- Gebruik jou naam en van as verwysing.
Rekeningbesonderhede
Bank: Absa
Taknommer: 632005
Rekeningnommer: 1279 211 681
Rekeningtipe: Spaarrekening
Rekeningnaam: Die Brandwag Oudskolierebond
Vir navrae stuur ‘n e-pos aan bhsreunie@gmail.com of bel Janu Hancke by 082 331 2279.