Brandwag se nuwe netbalbane is na die vorige skoolhoof mnr. Wilhelm Meyer vernoem. Mnr. Meyer het die naambord tydens ’n seremonie voor die laaste wedstryd van die seisoen onthul. Die bane is tydens die laaste paar maande van mnr. Meyer se sewe jaar as skoolhoof voltooi.
Op die foto is waarnemende hoof Thinus Koekemoer, eerste spanafrigter Karen Schonken, oudskoolhoof Wilhelm Meyer, sy vrou Hantie Meyer, skolier Natasha Joubert, beheerraadslid Jaco le Roux, beheerraadvoorsitter Bettie Conradie en beheerraadslid Rudi Thirion.