Atlete presteer voort!

17 Brandwag-atlete is gekies om 2-4 Maart die Metro te verteenwoordig by die Oos-Kaap-kampioenskap.

Janco Landman het die 2de hoogste ASA punte by die Metro behaal (906), asook ‘n nuwe rekord in die 1500 m hindernis opgestel.

Wiehan Maree het die 3de hoogste ASA punte (897) behaal en ook ‘n nuwe rekord in die 2000m hindernis opgestel.

Riaaz Dennis, Stephen Bothma, Keanu Welch, Henrico Louw, Liam Vosloo was onder die 20 beste seuns-atlete van die dag.

Chanté Mulder is as die 8ste beste meisie-atleet van die dag met 851 ASA punte gekroon.

Scroll to Top