Brandwag spog nou met vier atlete wat die SA Skole Atletiek Top 10 ranglys gehaal het! Chanté Mulder het so stil-stil haar posisie in gewigstoot oopgestoot, terwyl 3 van ons middelafstandatlete in die 1500m en 2000m hindernis die SA Skole ranglys gehaal het. Hulle is Janco Landman o. 15, Kara Fourie o. 17, Chanté Mulder o. 17 en Wiehan Maree o. 17. Baie geluk. Brandwag is trots op julle en jul afrigtingsspan.

