As Afrikaanse skool is Brandwag besonder trots op die 2017-matrieks se punte vir Engels. Die 2017-matriekklas het 19 A’s vir Engels Eerste Addisionele taal en 1 A vir Engels Huistaal behaal, vir ’n totaal van 20 A’s vir Engels. Dus het sowat 12% van die matrieks onderskeidings vir Engels behaal.
Die 2017-klas het ook, onder meer, 6 A’s vir Wiskunde, 8 vir Wiskundige Geletterdheid, 13 A’s vir Geskiedenis, 8 vir Toerisme, 5 vir Rekenaartoepassingstegnologie en 6 elk vir Lewenswetenskap en Rekeningkunde behaal.
Lauren Hayward, dux-leerder 2017, het ‘n A vir Engels Huistaal behaal.