Brandwag is trots op Beaurin Niekerk wat tot ondervoorsitter van die Oostelike Provinsie se Verteenwoordigende Raad van Leerders verkies is. Op 29 Februarie het hy die Nelson Mandela Baai by die provinsiale opleidingsessie verteenwoordig. Tydens hierdie opleidingsessie is waardevolle inligting rakende die rolle, verantwoordelikhede en verkiesingsprosesse met die leerders bespreek.
