Die Brandwag Hoërskool wens mnr. Leonard
geluk met die unieke prestasie nadat hy as ‘n
Wêreldrugby-opvoeder gekwalisfiseer het.
Hiermee is hy verantwoordelik vir die
opleiding van ons huidige en toekomstige
afrigters wat ‘n kwalifikasie in
rugbykondisionering wil behaal.
Meneer Leonard is ook aangestel as die O.P
o.18 Cravenweek kondisioneringsafrigter. Die
toernooi vind vanjaar in Middelburg
Mpumalanga plaas. Die Brandwag-gemeenskap
wens hom alle voorspoed toe.