Saterdag, 23 November, het die Hoërskool Brandwag se atlete aan hul eerste EPA-ligabyeenkoms deelgeneem en hul prestasies maak die skool trots. Die atlete het die baan- en velditems oorheers met indrukwekkende uitslae wat die skool se atletiekseisoen op ’n hoë noot afgeskop het.
Brandwag het nie minder nie as 11 eerste plekke, 4 tweede plekke en 5 derde plekke behaal, wat hul sterk teenwoordigheid op die dag beklemtoon het.
Vier uitstaande atlete was Chanté Mulder, Janco Landman, Riaaz Dennis en Esri le Grange het besondere prestasies behaal deur reeds kwalifiserende afstande te gooi en tye te hardloop. Dit dui daarop dat hierdie atlete groot potensiaal het om in die komende kompetisies nog beter te presteer.
Met só ’n skitterende begin sien Brandwag met opgewondenheid uit na wat belowe om ’n blink atletiekseisoen te wees.