Sewe van Brandwag se netbalspelers het onlangs ’n derde plek behaal by die Nelson Mandela Bay Tens toernooi wat by die De Wet-stadium op Despatch plaasgevind het. Altesaam 12 spanne het deelgeneem. Die spelers wat deelgeneem het, is Nienke en Mené Mc Kay, Esri le Grange, Kayleen Hiscock, Benicke Rautenbach, Kara Fourie en Keisha Reuben. Twee oud-Brandwagters, Mikyla Erasmus en Chloe Snyman het saam deelgeneem, asook die tiende speler Amoré Alberts. Welgedaan aan dié netbalmeisies. By hulle op die foto is Brandwag se netbalorganiseerder Charmaine Swift.

