Brandwag wen 8 trofees by interskole

Ons atlete het weereens uitstekend gevaar na ‘n kompeterende, maar genotvolle, interskole by Nico Malan. Ons atletiekspan het met agt trofees weggestap.

Die volgende atlete ontvang toekennings na afloop van die byeenkoms:

Eben Matthysen – Beste veldatleet Seuns 0/14.

Mia le Roux – Beste veldatleet Meisies 0/14.

Kiara Swanepoel- Beste baanatleet Meisies 0/15.

Christiano Brown – Beste baanatleet Seuns 0/17.

Nicolis Thysse – Beste veldatleet Seuns 0/19.

Chanté Mulder – Beste veldatleet Meisies 0/19.

Chanté word ook aangewys as die beste senior veldatleet. Sy ontvang ook die Senior Victrix Ludorum.

Die seuns 0/19-aflosspan hardloop stof in die opponente se oë en wen die seuns 0/19-aflos.

Ons is trots op ons atletiekspan wat deelgeneem het en hul beste gegee het.

Die Band van Grys en Groen was weereens tasbaar.

Krediet: Apex Media Klub.

Scroll to Top