Vyf Brandwagters het die afgelope naweek aan die E.C. Classic Kragoptel-kompetisie deelgeneem. Na aanleiding van hulle prestasies by dié kompetisie is hulle vir die Oos-Kaap-span gekies wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Potchefstroom gaan deelneem. Op die foto is Lianie Bakkes, Abigaill Doyle, Kobie Mellet, Stephené Loubser en Alan de Beer.
