Caro Swanepoel, ’n graad 12-leerder in Brandwag, is aangewys as een van 20 finaliste in die Herald se Matric of the Year-kompetisie. Caro is al ’n dekade lank ’n OP skaakspeler en het onlangs die eerste skolier in die Oos-Kaap geword om ’n te kwalifiseer as ’n skaakarbiter. Sy is ook ’n lid van die leerlingraad, die Alpha Leo Club en Interact en is die redakteur van die skoolkoerant. Caro is een van Brandwag se top akademiese presteerders met erekleure vir akademie en verskeie toekennings op haar kerfstok.