Brandwag se kragoptellers het puik presteer by die Oos-Kaap Classic- kragoptelkompetisie.
Pearl Bucwa, Catinka Fourie, Chanté Mulder, Deané Slabbert, Stephené Loubser, Anika Maree, Ferdé Botha en Stian Landman is gekies vir die Oos-Kaapspan wat in Potchefstroom aan die SA-kampioenskap gaan deelneem.
