New York wink vir Remi en Lienke-Mari

Twee Brandwag-leerlinge, Remi Taljard en Lienke-Mari Strydom, is tans fluks besig met voorbereidings om in Junie by die International Modeling and Talent Association (IMTA) se byeenkoms in New York hul talent op die loopplank te wys.

Albei hierdie aspirant modelle het reeds in Januarie ’n voorbereidingskamp (bootkamp) in Johannesburg bygewoon waar hulle ’n voorsmakie van die gejaagde lewe van ’n model beleef het. Lienke-Mari is in graad 8 en doen reeds sedert 2018 modelwerk. Die eerste kompetisie wat sy gewen het, was 2021 se Ms E.C. Schools. Remi het verlede jaar met modelwerk begin en sommer toe ook sy eerste titel as Mr East Cape Teen ingepalm.

Scroll to Top