Michael Annies skenk Bok-trui

Michael Annies het vandag die skool besoek en een van sy junior-springbokspeeltruie aan die skool oorhandig.

Die beskeie jong man het in 2017 by Brandwag aangesluit vanaf Seagull Primêr. Hy het eers op o/16 vlak provinasiale-kleure verwerf en het gevorder tot die SA o/20-span. Hy het in die onlangse wêreldbekertoernooi in al drie wedstryde vir Suid-Afrika uitgedraf.

Michael was ook instrumenteel in Brandwag se oorwinning oor Grey by Graeme se rugbyfees in 2020.

Scroll to Top