Mnr. & Mej. Brandwag

Die 2021 Mnr. en Mej. Brandwag is onlangs op ’n ietwat anderse manier, maar net so stylvol soos altyd, aangewys.

Vanjaar is die gala-aand in die opelug in die skool se vierkant gehou. Alhoewel slegs ’n beperkte aantal toeskouers die glansaand kon bywoon, is die verrigtinge regstreeks via die Internet uitgesaai. Kaartjies om die vertoning aanlyn te geniet, is vooraf verkoop. Vir die eerste keer kon mense van oraloor die wêreld dus die vertoning sien. Onder leiding van Gail Brown van Sophisticate Models het Brandwag se deelnemers weereens geskitter, dié keer onder die sterre.

Eindelik is Regardt Oosthuysen en Imigan Hiscock as Mnr. en Mej. Brandwag aangewys. Mnr. en Mej. Brandwag Junior is Ruan Meyer en Miecke Viviers.

Die senior wenners was, van links, tweede prins Michael Bothma, tweede prinses Ance Vermaak, Mnr. Brandwag Regardt Oosthuysen, Mej. Brandwag Imigan Hiscock, eerste prins Corné Dawson en eerste prinses Minke Colling.

Mnr & Mej Brandwag

  • Die Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie word jaarliks in die eerste kwartaal aangebied.
  • Die kompetisie is ´n glansgeleentheid wat gewoonlik in die Uitenhage Binneshuise Sportsentrum gehou word.
  • Mnr. en Mej. Brandwag is bekend vir uitstaande choreografie en aanbieding.
  • Belangstellendes word tydens onderhoude deur ´n paneel gekeur voordat hulle op die aand kan deelneem.
  • ´n Streng keuringsproses vind ook plaas om twee aanbieders aan te wys.
  • Die wenners, eerste prins en prinses en tweede prins en prinses (junior en senior) verteenwoordig Brandwag by Mnr. en Mej. Oos-Kaap Senior en Junior.
  • Brandwag is die afgelope nege jare elke keer by Mnr. en Mej. Oos-Kaap aangewys as die skool met die beste produksie.
  • By elke kompetisie word ´n debutant aangewys.
  • Deelnemers stem vir hulle keuse om Mnr. en Mej. Persoonlikheid aan te wys.

Leave a Reply

Scroll to Top