’n Ruiter van Brandwag, Dené-Grete van Jaarsveld in graad 9, het onlangs goed gevaar by die OP-skou. Sy het ’n tweede plek in die vlak 3-toets en ’n derde plek in die vlak 4-toets behaal. Dené-Grete het ook met haar perd, Kiss me Katie, ’n vierde plek in ruiterkuns behaal. Sy het reeds vir die nasionale kampioenskap gekwalifiseer wat in September in Pretoria gehou word.