Ria Williams, in graad 11, het die eerste plek in die Oos-Kaap verwerf in die ATKV se senior Afrikaans-olimpiade in die afdeling vir Afrikaans Huistaal. Met die 82% wat sy in dié olimpiade behaal het, het sy al die senior deelnemers in die Oos-Kaap, ook die graad 12’s, uitgestof. Ria is ook ’n talentvolle tjello-speler en het vanjaar in graad 6 van die Trinity-musiekeksamen 87% behaal. Intussen is Ria ook as ’n lid van Brandwag se senior raad van leerders vir 2020 aangewys.