Terrein na Ton Vosloo vernoem

Brandwag sal voortaan tydens tuiswedstryde sy opponente op die Ton Vosloo-Sportterrein aanpak nadat die skoolterrein tydens die 2017 reünienaweek amptelik vernoem is na een van Hoërskool Brandwag se bekendste oudskoliere.

Theunissen ‘Ton’ Vosloo is, soos Brandwag, in 1937 op Uitenhage gebore en het tydens ’n loopbaan van 60 jaar diep spore in die koerantbedryf, media- en sakewêreld getrap. Hy het die media in Suid-Afrika verewig verander met sy groot sukses by Naspers, Media24 en MultiChoice. Tesame met Koos Bekker was Ton Vosloo die baasbrein agter M-Net.

Tydens sy skooldae het Vosloo nie net vir Brandwag rugby en krieket gespeel nie, maar ook reeds berigte vir ‘n plaaslike koerant geskryf.

Vosloo het sy loopbaan by die Oosterlig (die voorloper van Die Burger Oos-Kaap) begin en vir 30 jaar as joernalis en redakteur gewerk. 

Tydens die 2de 30 jaar van sy 60-jaar loopbaan was Ton Vosloo die sakebrein wat Naspers ’n mediareus gemaak het. Hy is ‘n legende in die mediabedryf. 

Scroll to Top