Tiaan Meyer is aangewys as die 2de beste matrikulant in “Cluster B” by die Provinsiale Toppresteerders Seremonie wat in Oos-Londen gehou is. Hy het ‘n Premierstoekenning vir sy uitstekende prestasie ontvang. In die foto is sy trotse ouers, Jacques en Bianca Meyer. Tiaan het vir al 7 sy vakke bo 90% gekry met ‘n algehele gemiddeld van 93,6%. Hy is aanvaar by die Universiteit van Stellenbosch om vanjaar medies te studeer. Brandwag is ontsettend trots op Tiaan.
