Atlete presteer by ASA-kampioenskap

ATLETIEK ASA KAMPIOENSKAP
21-23 Maart Pilditch/Pretoria

Gedurende die vakansie het 7 van ons atlete hulle kragte teen die beste atlete in die land gaan meet.

Hier volg die uitslae van almal wat onder die beste 15 in die land geeindig het.

Nicolis Thysse S/18 was 14de in gewigstoot
Wiehan Maree S/20 was 11de in die 800m
Chanté Mulder D/20 was 10de in gewigstoot en 8ste in spiesgooi.
Kara Fourie D/18 was 5de in die 2000m hindernis.

Wiehan, Kara en Chanté het ook in die Paarl by die SA Skolekampioenskappe gaan kragte meet.

Daar was Wiehan Maree S/18, 10de in die 800m.

Chanté was 8ste in gewigstoot en Kara 4de in die 2000m hindernis.

Baie geluk met julle puik prestasie.

Scroll to Top