Oos-Kaap Bench Press-Uitslae

Elf van Brandwag se leerders het deelgeneem waarvan 9 vir die Oos-Kaap-span gekies is om volgende jaar aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deel te neem.

1ste plekke: Anika Maree, Stian Landman, Chanté Mulder, Jana Fox, Stephené Loubser, Henré van der Berg, Alan de Beer en Abigail Doyle.

2de plekke: Ferdé Botha, Christi Minnie en Clarissa Gallant.

Juf. Maritz het al haar atlete verras en weer haar toetrede tot kragoptel gemaak. Sy word ook gekies om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in classic en equipped deel te neem. Brandwag en veral haar kragoptellers is baie trots op hulle afrigter.

Ons neem ook met ’n swaar hart afskeid van ons 2 matrikulante, Stian en Anika, wat vir die laaste keer vir Brandwag kon deelneem. Ons wens hulle nog baie “white lights en good lifts” toe.

Scroll to Top