Rekords spat by Interlaer

Ons uiters suksesvolle en opwindende Interlaer Atletiekdag het nie net vir ongelooflike sportmangees gesorg nie, maar ook vir ’n paar geskiedkundige oomblikke! Agt rekords is hierdie jaar verbeter, selfs rekords wat sedert 1997 gestaan het, moes plek maak vir nuwe atletiektalent!

Baie geluk aan al ons atlete wat hul grense verskuif het en ons trots gemaak het. Julle harde werk en deursettingsvermoë inspireer ons almal!

Chanté Mulder: Spiesgooi o.19 — Nuwe Rekord 38,16 (37.80 m 1997)
Kara Fourie: 3000 m hindernis o.19 — Nuwe Rekord: 13.29,78
Janco Landman: 2000 m hindernis o. 17 — Nuwe rekord: 6.11,50 (6.19,60 2023
Christiano Brown: 1500 m o. 17 — Nuwe rekord: 4.17,3 (4.18,8 2021)
Nicolis Thysse: Skyfwerp o. 19 — Nuwe rekord: 42.42 (40,12 2013)
Keanu Coetzer: Skyfwerp o.16 — Nuwe rekord: 40,25 (38,60 2017)

Scroll to Top